Dit is met afgryse wat ek lees oor die jongste gevalle van rasistiese aanvalle op ons swakkes. Ek gee nie om of een of ander naiewe/arrogante Afrika-afgodjie sê dat dit nie rassisties van aard is, en dat dit slegs uit nood gedoen, is nie, ek val nie daarvoor nie. Net omdat dit die populêre siening is, beteken nie dat dit noodwending die waarheid is nie. Die media, soos ons dit vandag ken, mislei ons opsetlik met ‘n drie-delige, maar tog supplementêre aanval.
Leon Trotsky het opgemerk dat :“If you have an epithet, why think?”. Hy het gepraat oor hoe om die opposisie in toom te hou. Volgens hom het jy net nodig om die opposisie te brandmerk, in ons geval as “rassiste”. Elke slag wat die opposisie opstandig word, of as ons in die buiteland steun probeer werf, word ons eenvoudig rassiste genoem, en daar is ons alle geloofwaardigheid kwyt. Die tegniek werk so: wanneer jy iemand genoeg ‘n byvoeglike naamwoord toesnou, dan word dit later summier aanvaar, geen verdere redenasie is meer nodig nie.
Die tweede deel van die aanval is die feit dat, as jy ‘n leuen genoeg herhaal, die publiek dit as waarheid aanvaar. So dan word ons daagliks wysgemaak dat daar eintlik geen rusie of haat tussen die rasse bestaan nie, geen wraaksugtigheid of kwade gevoelens nie, die persepsie dat wetteloosheid aan die orde van die dag is, is volgens ons huidige president dan juis dit: ‘n persepsie. So word die mense dit ingedril dat alles lieflik is, net soos wat jy ‘n papegaai leer praat.
Die derde, en mees gevaarlike tegniek is om mense te oortuig om “liewer na die positiewe te kyk”. Ons word wysgemaak dat ons misdaad, anargie en die totale onbekwaamheid op ALLE vlakke van ons samelewing moet ignoreer, en liewer konsentreer op die weer. Ek oordryf nie hier nie, ons word vertel dat Suid-Afrika die wonderlikste weer ter wereld het, ons het natuurskoon en wildreservate. Ons het die vriendelikste mense in die wereld, en ons braai en suip mos lekkerder as enige ander land. Vergeet van misdaad en totale barbaarsheid, eet ‘n tjoppie en knak nog ‘n ou biertjie, lekker naief soos ‘n vyfjarige dogterjie met groot oë en strikkies in die hare. Moenie ongemaklike vrae vra nie, die grootmense is besig.
Maar ek val nie daarvoor nie, en daar is baie soos ek.
Natuurlik is ek ‘n rassis, hoe kan ek NIE wees nie? Wanneer alles in my daaglikse lewe direk geraak word daardeur… Ek het die reënboognasie ding probeer, en ek het glad nie daarvan gehou nie. Ek is nie bereid om my kultuur en lewenswyse prys te gee om ‘n indringer tevrede te stel nie. Die Palestyne, Jode en die inwoners van Kosovo wil ook nie meng met ander nasies nie. Hulle het dit ook vir lank probeer, maar dit het ‘n bitter smaak in die mond gelaat, nes hier in Suid-Afrika (Azanië?).
Natuurlik is daar wraaksugtigheid en wetteloosheid in ons daaglikse lewens. Jy het net nodig om koerant te lees om te sien dat daar iets ernstig fout is met hierdie land waarin ons woon. “Ek gaan die oumiesies doodmaak”, “Daar was soveel haat in sy oë”, “vingers met snoeiskêr afgesny”, “gebrand met ‘n strykyster”, “80-jarige vrou verkrag”, “man agter bakkie gesleep”. Is dit werklik net uit honger-nood of geldnood wat hierdie misdade gepleeg word? NEE. As dit wel was, sou mense nie seergemaak en gemartel word nie. Die kriminele sou eenvoudig die yskas en kluis leegmaak en dan verkas, om die volgende huis te stroop. Nee, mense, hierdie is haat-aanvalle op mense wat as vyande gesien word. Selfs die swartmense in die “informele nedersettings” word nie gespaar nie. Is dit ‘n rookskerm? Of is dit dalk omdat hierdie swart slagoffers nie lus het vir rusie met die witman nie? Die aanvallers is oorweldigend van een generasie: die “struggle”-babas. Daardie kinders wat met een doel grootgemaak is: om die witman en sy makkers dood te maak. En moenie Nigeriërs blameer vir geweldadige aanvalle nie, hulle is te professioneel daarvoor. Hulle sal jou slegs leed aandoen as jy ‘n bedreiging inhou.
Natuurlik is daar ander lande wat ook wonderlike weer het. Daar is ander lande met pragtige natuurskoon en wilde diere. Ek kan in enige land ‘n braaivleis vuur aansteek en ‘n bier geniet. Nee, ek sal nie die olifant in my sitkamer ignoreer nie. Veral nie as hierdie olifant stink poep ook nie. Die keiser het nie klere aan nie en iemand moet hom daarop wys. Is goeie weer en braaivleis rêrig belangriker as die lewe van jou en jou kinders? As jy so dink, of wil hê EK moet so dink, dan is JOU lewe wel nie belangriker nie, maar myne en my geliefdes s’n is.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment